Monday, September 28, 2009

'n Skool se seer ...

Kan iemand, iemand red?

Ja!! en asseblief, red iemand.

Hoe doen ek dit? Vertel vir almal, veral vir die kinders dat geen probleem is ooit te groot nie en geen moeilikheid ooit te diep nie. Daar is 'n oplossing en daar is uitkoms. Die Here belowe dit en ons as onderwysers belowe dit ook.

(Isa 40:11 Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra;) en (Joh 21:15 Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.)

Ongelukkig mors ons baie daie baie kinders se lewens op deur dinge wat ons sê en doen. Ons is jammer oor sulke dinge en dade en woorde. Ons is nie in die opmors besigheid nie on is in die opbou besigheid. Ons is hier om te leer oor vakinhoud en dissipline en jy kan en jy is beter en jy is tot alles instaat (deur Jesus Christus wat jou die krag gee).

Asseblief my kind moet tog nie jou lewe neem en ons lewens verwoes nie. Moet tog nie jouself seermaak en ons met skuldgevoelens los nie. Moet tog nie in jouself inkruip en ens moedeloos laat nie. Glo my - daar is iemand op die personeel of perseel wat jou wil help en wat jou kan help. Kom net asseblief.

Jy het soveel mooi in jou. Jy het soveel al geleer deur die lewe dat selfs jy vir ander kan vertel van jou lewenservaring en so kan jy weer hulp verleen. Jy is spesiaal!!!! Jy is besonders!!!! Jy is kosbaar!!!!! Jy is mooi!!!! Jy is slim!!!! GLO DIT.

Einde van skool ...

Graad 12 is die begin van die einde.

Julle doen nou Valedictory day en dan word die banke geskuif en daar het jy dit. Eksamen en sie daar die einde van skool wat jy al so lankal soek

WBPHS

My photo
Walvis Bay, Erongo, Namibia
To be a successful school of excellence in Namibia offering access to every resident of Namibia, where learners will reach for the stars in their quest to achieve their best and show the world they can achieve great heights.