Wednesday, January 19, 2011


Voorlopige feesprogram: 20-26 Junie 2011


Maandag 20 Jun 2011

* Kultuurgeleentheid


Dinsdag 21 jun 2011

* Kultuurgeleentheid


Woensdag 22 Jun 2011

* Kultuurgeleentheid


Donderdag 23 Jun 2011

* Registrasie van oudstudente

* Reunie funksi eby Sporthuis


Vrydag 2 4Junie 2011

* Steenlegging by skool

* Uitstalling van foto's by skool

* Oudstudente tee by skool

* Toer deur skool

* Vlot en trompoppies deur straat

* Aandfunksie by stadsaal

+ Kaartjies by Rene Baard te koop - 081 127 2991

+ Teme: Toeka tot Nou

* Interhoër teen Windhoek Gimnsaium begin


Saterdag 25 Jun 2011

* Interhoër

* Kermisstalletjies

* Funksie by Stadsaal

+ Kaartjies by Rene Baard

+ Tema: Visfabriek derby

* Funksie in skoolsaal vir skoliere


Sondag 26 Jun 2011

* Kerkdiens


NOTA:

* Feesbundel wat 50 jaar dek sal te koop wees

* Memorabelia is te koop


NAVRAE:

* Mev. Rene Baard - 081 127 2991

* Mev Eigelaar - 064 202225 (skool) - 064 207610 (fax) - wbhead@mweb.com.na (e-pos)

Saturday, July 3, 2010

Sportprogram 2010

10 July at WBPHS
Rugby: u/14, u/15, 2nd and 1st versus Jan Mohr starting at 9h00
Hockey: WBHS 2nd and 3rd girls teams at 10h00
Netbal: U/15 A & B versus De Duine, Kuisebmond in Swakopmund
U/17 A & B versus De Duine, Kuisebmond, Pro Ed, Duneside
U/19 A versus De Duine,

17 July at WBPHS
Rugby: u/14, U/15 and 1st teams versus HTS starting at 10h00
Netball: 1st versus HTS at 9h00
Hockey - girls and boys 1st teams versus HTS starting at 9h00

22 July (Thu) at WBPHS
Hockey - boys. 1st versus 2nd teams at 14h30
Hockey - girls. 1st versus De Duine at 15h30

24 July at WBPHS
Hockey - boys. 2nd team versus Duneside at 9h00
1st team versus De Duine at 10h10
Hockey - girls. 2nd team versus Duneside at 9h00
3rd team versus Namib High at 10h10

Rugby at De Duine: u/15, 2nd and 1st starting at 9h00

31 July
Rugby: u/15 versus Swakopmund schools at 10h00 in Swakop
2nd and 1st teams versus MK Gertze in Rehoboth.

7 Aug - Windhoek - Quarter finals
14 Aug - Windhoek - Semi-finals
21 Aug - Windhoek - Finals

Wednesday, June 30, 2010

Astra Program

Maandag 28 Junie
16h00 Herrie
17h00 Ship to shore
18h00 Tot hiertoe
19h00 Abra Cadaver
20h00 Die Kongress (staff)

Dinsdag 29 June
15h00 Summer Lovin'
18h00 Ons sal kan doen met 'n miljoen (kinder teater)
19h00 Boomklimwee (Filproduksie)

Woensdag 30 Junie
15h45 Die Kongress
17h00 Abra Cadaver
18h00 Herrie
19h00 Ship to shore murder
20h00 Tot hiertoe en nie verder

Donderdag 1 Julie
19h00 Kamerkonsert

Vrydag 2 Julie
07h00 Feesterrein - Potjiekos / stalletjies
10h00 Ons sal kan doen met 'n miljoen
14h30 Summer lovin'
18h00 Summer lovin'
20h00 Roesstraat - opelus (Improvisasietoneel)

Deurlopend
- Kunsuitstalling
- Feesbundel
- Gangverkope
- Pret en plesier

Sunday, February 28, 2010

Ek is ek en ...

Ken jy die storie van ek is ek en (...). Vul maar jou eie woorde hier in dan voel jy beter oor wie wat gedoen of gesê het.

Nee, ek wil nie siniel of andersins snaaks klink nie. Wil hê jy moet aan jouself dink as iemand wat nie nodig het om vir ander se geite terug te staan nie, want jy het ook reg tot hierdie dag en hierdie asem en hierdie grond waarop jy staan. Elkeen het 'n plekkie in die son (mis) gekry om mens te wees en gelukkig te wees.

Wie / Wat maak jou dag ongelukkig? Pa/Ma/boetie/sussie/vriend(in)/onnie .., self?

Wat kan jy doen om dit anders te maak? Ek weet net van een raad. BID

Dit klink maar net so eenvoudig, maar dit is die mees intense oorspronklike waardevolle aksie om te neem. Die enigste aksie wat verskil sal maak - probeer dit!

Sunday, February 21, 2010

Ek is op skool, daarom is ek.

Ek is... Hier han ek soveel stellings invoeg om dit waar te maak of sin te maak, maar maak dit dat ek bestaan? Ek dink; stellig nie. Hoe bepaal ek dan my bestaan as mens en meer nog as jong mens? Hier kom die filosofiese gedagtes in strome tot my,aa ek sal my inhou, want ... is ek.

Bepaal gou. Bestaan jy of leef jy? Nee, dis is maklik om te antwoord. Gaan jy deur die daaglikse beweging soos 'n zombie of is elke dag en elke oomblik vir jou wonderlik? Ek het in my lewe nog net twee mense gesien wat entoesiasme aan die dag gelê het en my jaloers gemaak het; Erlene Verrall en Bianca Burger.

Hierdie twee mense het my elke keer jaloers oor die lewe. Dit wil voorkom asof elke ding 'n lus en opwinding in hulle bring. Hulle groet jou asof jy allen bestaan vir daardie oomblik. Die stories wat hulle vertel word meer deur hul oë vertel as deur hul woorde.

Kom, antwoord die lewe en sê vir iemand: ... daarom is ek.

Hier is myne. My kinders is wonderlik, daarom is ek.

Die kinders in my klas maak my opgewonde daarom is ek.

Die hokkie seuns speel met soveel oorgawe, darom is ek.

My seun is lief vir my, daarom is ek.

Tuesday, February 16, 2010

In die klas of Waar ookal


Die Science/Accounting klas. So deurmaar kan dit wees. Ons leer van density en electricity en dan lees ek van debit en credit op die bord.

So tipies van die ou lewe, hoe meer ek van die een ding wil weet hoe meer ander goed bombardeer my gedagtes.

Vat nou maar die tyd wat ek aan stilte tyd afstaan. Ek wil Bybel lees, maar nee die telefoon lui, my ma roep my ouma het my nodig. Dan wil ek bid en al die gedagtes wat kan pla spring in my kop. Hoe moet ek enigiets goed doen.

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord. Psalm 119:9

Ons dae begin met Mindmoves, Spreuke en register dan kom die periodes een na die ander. Maths, Science, Afrikaans, English. Een is op Higher ander op Lower, ander gladnie (PT).

Dan is daar die mooie of fasinerende persoon wat jou of grensloos irreteer of jou hart laat bokspring. Dan praat ons nie eens van al die besluite wat ander mense neem wat my lewe beinvloed, en ek kan niks daaraan doen nie.

Sien hoeveel invloede is daar wat bydra tot so 'n uiters deurmekaar lewe. Hoe bly mens normaal in dit alles? Wat is normaal ook nou weer?

Stop die lorrie net hier!! Sien jy hoe maklik dit is om nog meer te wonder oor die deurmekaar lewe.

Die vraag is: Wat maak ek nou?

Ek maak elke oomblik en elke dag so eenvoudig as moontlik. Ek lewe nou en nou is belandrik. Ek is nou by my sinne en dit is belangrik. Ek is nou by jou en dit is belangrik. Ek eet nou en dit is belangrik. Ek is ... en dit is belangrik. Elke ding op sy tyd en hou elke oomblik belangrik.

Ek sit in die Science klas met Accounting notas en konsentreer op Electricity want dit is nou belangrik. Na die klok sit ek in die Afrikaanse klas en dan i sdit belangrik.

Hou nou belangrik en geniet die lewe dag vir dag.

Monday, February 15, 2010

Om te toer of nie te toer nie

Dit is iets waaroor baie gevoelens nog uitgespreek gaan word.
Hoekom nie en Wie is verantwoordelik?

Kom ons kyk anders daarna en sê dat ons glo vir hulle wat die Here liefhet werk alles ten goede mee. Maak nie saak wie of hoekom, want dit los geen probleem op nie en maak my net meer negatief en seer en ek maak ander ook net negatief. Ons kan daarna kyk net soos ons wil, niks gaan nou verander nie, al gebeur die toer ook, seer gaan seer bly.

Ons is so bevoorreg om 'n uitstekende kus privaatskole dag te kon beleef en daar is nog heelwat geleenthede om hierdie jaar deel te neem. Die opmerking is reeds gemaak dat ons sulke uitstekende atlete tans in die skool het. Atlete wat prestasies lewer wat lank nog onthou sal word. Corlia, J-L, Jessie, Quintin, en noem hulle maar op.

Atlete wat een na die ander byeenkoms die Ludorum trofees verower. Ons kan met dankbaarheid na elkeen kyk en weet dat die Here ons meer geseën het as wat ons beserings gehad het.

Dan kyk ons nog met groot verwagting uit na Sone, Streek en Nasionale en dalk nog Frankie Frederiks en Privaatskole, vir meeste van die atlete. Onthou, Nasionale is op moontlik op Swakop dan kan ons dalk soveel meer daar hê. Kom ons kyk met groot oë en verwagting uit na ons atlete se deelname by hierdie byeenkomste.

Sterkte aan al ons Wallie atlete met jul deelname aan genoemde byeenkomste. Die skool sal julle ondersteun en aanmoedig om net die beste te doen tot jul voordeel en moontlike insluiting in 'n Nasionale span.

Hou goeie moed, onthou alles gebeur met 'n goeie doel. Kom ouens wys 'n bietjie karakter. Onthou die Vrug van die Gees van verlede jaar en ons vra God vir wysheid om hierdie saak reg te benader en ons gevoelens so te wys dat niemand verder verleë of verbeder word nie.

Sterkte

WBPHS

My photo
Walvis Bay, Erongo, Namibia
To be a successful school of excellence in Namibia offering access to every resident of Namibia, where learners will reach for the stars in their quest to achieve their best and show the world they can achieve great heights.