Tuesday, February 16, 2010
In die klas of Waar ookal
Die Science/Accounting klas. So deurmaar kan dit wees. Ons leer van density en electricity en dan lees ek van debit en credit op die bord.
So tipies van die ou lewe, hoe meer ek van die een ding wil weet hoe meer ander goed bombardeer my gedagtes.
Vat nou maar die tyd wat ek aan stilte tyd afstaan. Ek wil Bybel lees, maar nee die telefoon lui, my ma roep my ouma het my nodig. Dan wil ek bid en al die gedagtes wat kan pla spring in my kop. Hoe moet ek enigiets goed doen.
Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord. Psalm 119:9
Ons dae begin met Mindmoves, Spreuke en register dan kom die periodes een na die ander. Maths, Science, Afrikaans, English. Een is op Higher ander op Lower, ander gladnie (PT).
Dan is daar die mooie of fasinerende persoon wat jou of grensloos irreteer of jou hart laat bokspring. Dan praat ons nie eens van al die besluite wat ander mense neem wat my lewe beinvloed, en ek kan niks daaraan doen nie.
Sien hoeveel invloede is daar wat bydra tot so 'n uiters deurmekaar lewe. Hoe bly mens normaal in dit alles? Wat is normaal ook nou weer?
Stop die lorrie net hier!! Sien jy hoe maklik dit is om nog meer te wonder oor die deurmekaar lewe.
Die vraag is: Wat maak ek nou?
Ek maak elke oomblik en elke dag so eenvoudig as moontlik. Ek lewe nou en nou is belandrik. Ek is nou by my sinne en dit is belangrik. Ek is nou by jou en dit is belangrik. Ek eet nou en dit is belangrik. Ek is ... en dit is belangrik. Elke ding op sy tyd en hou elke oomblik belangrik.
Ek sit in die Science klas met Accounting notas en konsentreer op Electricity want dit is nou belangrik. Na die klok sit ek in die Afrikaanse klas en dan i sdit belangrik.
Hou nou belangrik en geniet die lewe dag vir dag.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
WBPHS
- Walvis Bay Private High School
- Walvis Bay, Erongo, Namibia
- To be a successful school of excellence in Namibia offering access to every resident of Namibia, where learners will reach for the stars in their quest to achieve their best and show the world they can achieve great heights.
No comments:
Post a Comment